Get Adobe Flash player

Nou Aanlyn

Ons het 248 gaste aanlyn

Welkom by my spasie oppiWeb!

Ek het hierdie werf op die been gebring bloot omdat ek van die gedagte om een te besit en van die tegniese uitdagings daaraan verbonde hou. Niks meer as dit nie! As jy die afleiding maak dat ek 'n Christen is, ja, ek is, maar hierdie Christen is 'n kind van God want die koninkryk van God is vir die kinders en kinders kan en hoef nie volmaak te wees nie, te heerlik! 

Al wat ek probeer doen met die werf, is om jou by Hom te kry wat my gestuur het om jou te kom haal en na Hom toe te neem. Hy Self sal die res doen want kinders verkondig nie hulself nie, en omdat ek nie myself verkondig nie, is ek vry van die las om 'n "voorbeeld" te wees! Ek verkondig Hom wat die hemel en die aarde en alles daarin gemaak het, Hy sal jou leer, Hy sal vir jou die voorbeeld stel, volg HOM! 

Het jy al daaraan gedink om iets soos 'n webwerf aan te pak? Indien wel, stel ek voor dat jy heel eerste by oppieWeb.com 'n draai gaan maak - ek is oortuig dis die heel maklikste en beste waarde vir geld oppinet!

Omdat ek nie regtig weet hoe om al die spasie vol te maak nie, gaan ek maar vertel van my omgewing en dinge wat ek glo, ervaar, sien, waardeer....my gemeenskap, hond en....ag wat, ek sal maar sien wat kom op en dit bylas soos wat dit opkom! Maak dus weer 'n draai; dalk lyk dinge dan anders hier.