Almal begin by dag een met enige iets wat hulle aanpak en dis onmoontlik om ALLES te weet nog voor jy begin! Daarom het ek hierdie gedeelte aangebring - sodat jy kan weet wat jy moet nog voor jy begin en nie nodig het om eers die duur flaters te begaan waarlangs ek moes leer nie! Daar is 'n hele paar dinge wat mens moet weet voordat jy die erste tree gee. Hier onder is 'n paar artikels om jou op die regte spoor te plaas. Ook is daar artikels wat in Engels ontvang is en netso geplaas is omdat dit handige inligting bevat wat help om mens in die regte rigting te laat dink voor daardie eerste tree in die kuber ruim! Help so bietjie die Afrikaanses meer word deur vrae te vra wat ek hier kan antwoord. OppiWeb is dan juis hier om die Internet maklik en bekostigbaar te maak! Skenk spesiale aandag aan alles wat oor SEO ( Soek Masjien Optimalisasie ) handel want daarin is 'n sleutel tot sukses oppiWeb vir meeste van ons almal wat 'n webwerf besit. Sonder die soekmasjien sal niemand by ons web werwe opdaag nie - daar is sowat 8.5 biljoen web blaaie oppiweb! Dis meer as wat daar mense op die aarde is. Ten eerste is dit belangrik dat mens baie goed moet dink oor die naam wat jy registreer - ongeag in watter land jy woon. 'n .CO.ZA is nie eintlik die beste idee nie en daar is verskeie redes daarvoor, veral wetlike implikasies. Ten tweede is dit slegs 'n sub-domein en derdens kom mense nie na jou werf oor die naam nie maar omdat daar inligting is waarin hulle belang het. |