Die oppiWeb Alexa "Browser Toolbar" - Wat doen dit?
Alexa is 'n maatskappy wat deur Amazon.com aangekoop is. Alexa het bekendheid verwerf vir die manier wat dit 'n "verkeer rang" aan webtuistes toeken. Dit word gedoen deur aan die databasis inligting te verskaf van die hoeveelheid verkeer wat 'n werf ontvang. M.a.w., as u die Toolbar op u masjien het, stuur dit elke keer wat u ' webtuiste besoek, data na die databasis op hulle rekenaar om die besoek te tel. U kan dit sien onder in die "status bar" van Internet Explorer.
Die Toolbar versend nie u persoonlike inligting deur nie maar laat slegs die databasis weet om nog 'n besoek by te tel daar waar u besoek. Indien u 'n webtuiste besoek waarvan die databasis nog nie weet nie, dan kom dit te wete van die werf die oomblik wat u daar aandoen.
Maar dit word gesien as "Spy-ware"!
Heeltemal reg! Sagteware sal dit aansien as "spy-ware" bloot omdat dit die databasis laat weet om 'n besoek tot 'n webtuiste in berekening te bring maar is beslis nie besig om op u te spoeineer nie. Om die waarheid te se, die Toolbar onderskei nie eers op wie se rekenaar dit aangebring is nie. M.a.w. dit weet nie eers wie dit is wat by 'n webtuiste was nie, dit weet net dat daar nog 'n besoek gemaak was om by te tel ten einde die Alexa "traffic rank" aan die betrokke werf toe te ken.
Hoe gaan ek daarby baat?
Alhoewel mens nie werklik veel baat vind met die toolbar op die rekenaar nie, verskaf dit handige inligting t.o.v. elke werf wat u besoek. Dat mag u help om te beluit of u die werf kan vertrou - mense wat gewillig is om hul kontak besoenderhede aan Alexa bekend te maak, is moontlik meer te vertrou as mense wat so anoniem as moontlik wil wees, nie waar nie?
Verder bied dit 'n duidelike aanduiding van hoe besig 'n werf is. Wanneer 'n werf soos Google of Yahoo besoek word, sal u merk dat die "Trafic Rank" as 1 aangedui word. Hoe minder die verkeer wat 'n werf ontvang, hoe groter die getal - hoe verder van Nr. 1 af is dit.

Dis besonder handig vir mense wat hulle besighede op werwe adverteer. Baie werwe maak hul bestaan slegs uit die advertensies wat op hulle werwe aan besoekers getoon word! "Die Knoop" en "Soek Afrikaans" is onder andere goeie voorbeelde van sulke werwe.
As die eienaar van 'n webtuiste, is dit belangrik dat soveel moontlik mense met die oppiWeb Alexa Toolbar u web besoek. Ek doen dit bv. om elke werf wat by my registreer so rukkie later te gaan besoek ten einde dit aan Alexa bekend te stel. Tot dusver nog was ek elke keer die eerste een met die gereedskapstuk wat daar opdaag aangesien Alexa eers na my besoek 'n rang daaraan toegeken het.
Wat oppiWeb aangaan, ons het die Toolbar verwar want ons het drie domeine wat al drie op die selfde werf aankom. As u dus http://www.oppiweb.com/ of http://www.oppieweb.com/ of http://www.securedomainhostregisternameoppiweb.net/ gebruik om hier aan te kom, sal u sien dat elk van hulle 'n ander "Trafic Rank" het. Daaraan kan u sien watter een van die drie domeine die meeste verkeer na oppiweb toe bring.
Waar kry ek die oppiWeb Alexa Toolbar?
Jy kan dit net hier aflaai en neem net 'n paar sekondes. Druk hier om die aflaai proses te begin.
Jy kan ook jou eie Toolbar met jou werf se logo daarop gaan skep deur by Alexa aan te doen.