Werf Konstruksie oppiWeb
Huistoe arrow Skool arrow Jou Domein Naam arrow Domein Registrasie - Wat jy moet weet

Advertisement
Registreer jou Domein Naam Vandag net hier op JOU EIE NAAM!
Tik die Domein Naam wat u wil Registreer hier onder in:
www.
Alles begin by die Domein Naam! As jy vandag jou Domein Naam Registreer kry jy Epos en Web-huisvesting gratis daarmee saam. Registreer sommer nou jou Domein Naam voordat iemand anders dit doen!

Domein Registrasie - Wat jy moet weet PDF Druk Epos

 

Domein Naam Registrasies - Wat jy moet weet!

Daar is verskeie plekke en maniere om Domein Name (Internet Adresse) te Registreer. Navorsing en kennis is die sleutel tot die regte besluit. Daarom is dit noodsaaklik dat jy 'n paar dinge weet ten einde die regte ingeligte besluit te neem met die aankoop en/of registrasie van u domein naam.

 

1) Goedgekeurde Internet Domein Naam Registrateurs

Alle domein name moet deur registrateurs wat deur ICANN gekeur is en gesertifiseer is. Registrateurs moet by ICANN se voorskrifte en prosedures hou wat aan vervruikers 'n despuut prosedures bied in geval 'n despuut sou ontstaan.

Registrateurs moet natuurlik 'n fooi aan ICANN betaal vir elke domein naam wat hulle registreer. Een faktor wat registrateurs onderskei is die prys wat hulle vir hul dienste vra en dit kan wissel tussen $4.99 en soveel as $65.00. Die dienste wat saam met die domein naam gelewer word is ook een van die belangrikste faktore wat registrateurs van mekaar onderskei; dienste soos DNS (domein naam bediener) beheer, epos, huisvesting en Tte Koop" en/of "parkeer" bladsye.

Die ingeslote dienste is net so belangrik as die naam op sigself. Wanneer u bv. 'n naam registreer as 'n .com sowel as .biz .info ens. is dit belangrik dat jy ook volle DNS (Naam bediener) beheer het sodat jy al die name na die selfde plek kan dui.

Het u al gemerk dat jy soms 'n domein naam sien met 'n ander epos adres. Hoe sal dit lyk as oppiweb.com se epos bv. Die eposadres is beskerm teen spam-bots, U het Javascript nodig om dit weer te gee   is? Nie baie professioneel nie! Daarom gee ons u epos adres gratis saam met u domein naam.

Ook is dit belangrik dat u sal let op die rugsteun diens wat aangebied word. Wat help dit as u registrateur slegs kantoor ure beskikbaar is maar u werk gedurende die nag aan u werf? 'n 24/7 rusteun diens is dus van die uiterste belang!

Op wie se naam word u domein geregistreer? Meeste van die tyd word Suid-Afrikaners deur hul Internet diens verskaffers aan die neus gelei omdat domein name nie op die eienaar se naam geregistreer word nie maar op die (ISP) diens verskaffer se naam en as die geregistreerde naam 'n paar jaar later iets werd word is daar perde!

In baie gevalle word die domein name van werwe geregistreer deur die onderneming wat die werf ontwerp en alle sake t.o.v. sulke werwe handteer. OppiWeb se rekening konsole is so ontwerp dat sulke ontwerpers nogtans die naam in die WHOIS databasis op die regte eienaar se naam kan registreer - 'n belangrike eienskap! Dring dus daarop aan dat u webontwerper of ontwikkelaar van oppiweb.com gebruik maak! 

 

2) Domein Herverkopers

Domein herverkopers is mense wat domein registrasies namens 'n geregistreerde of gekeurde registrateur verkoop teen 'n wins. Maak seker dat so 'n herverkoper ook al die dienste bied wat hier genoem word.

Lees die kleinskrif en maak seker met wie jy te doen het!

  
3) Domein Naam Beskerming.

Daar word gepraat van domein "lock" in die algemeen. Dis 'n baie belangrike beskermings diens wat u gratis behoort te kry en u moet dit te alle tye gesluit hou tensy u beplan om die domein na ander registrateur oor te plaas.

Somtyds vra webontwerpers dat die domein naam ontsluit word sodat hulle hul werk kan doen - moet dit nie glo nie en hou u domein naam geslui en kry dan eerder 'n ander om na u webtuiste om te sien. Al wat hulle benodig is toegang tot u huisvesting. Hier by oppiWeb stel ons u in staat om vanaf u rekening konsole toegang tot u huisvesting op te stel sonder dat hulle toegang tot u volle rekening verkry - baie belangrik!

  
4) Bykomstige Domein Dienste

Wanneer jy deur jou aankoop se besonderhede gaan sal jy waarskynlik vele dienste gratis saam met jou domein naam kry - nie allmal van hulle word werklik benodig nie. Private registrasie is 'n bykomstige diens waarvoor jy eksta moet betaal. Dit maak die registrasie van die naam in die WHOIS databasis anoniem. Persoonlik sien ek nie die nodigheid daarvan nie maar ons bied nogtans die diens aan.

Huisvesting vir die domein naam is belangrik. Hier by oppiWeb het ons alles so gestroomlyn dat jy met gemak jou domein naam aan jou gratis blog, parkeer blaai, te koop blaai of huisvesting plan kan koppel.

 
Volgende >


© 2010 Afrikaans oppiWeb - Webwerf Konstruksie en Huisvesting vir Webtuistes Domein Registrasies en Vele meer vir Afrikaners oppinet