Aangaande .co.za domein name.
Ten eerste wil ek net daarop wys dat 'n .co.za domein nie 'n "top level" domein is nie maar slegs 'n sub-domain.
"n .COSA doen niks meer vir jou werf se aansien nie en beloof nie dat mense daar gaan uitkom bloot omdat dit andui dat jy Suid-Afrikaans is nie. Mense kom by jou web aan as gevolg van die inhuod op jou web. As die woorde "Suid-Afrika" of "South Africa" op jou werf voorkom, sal Google en ander soekenjins wel weet dat jy Suid-Afrikaans is.
Verder is .co.za domeine ook gewoonlik heelwat duurder as ander domeine maar die belangrikste wat ek teen 'n .co.za het is die feit dat (sover ek weet) daar nog niemand is wat jou in staat stel om beheer van jou DNS ( Domain Name Server ) te neem nie. As jy bv. nie meer tevrede met jou huisvesting is nie en jou webwerf skuif, dan neem dit tyd en die skrywe van briewe en moontlik nog eers so twee dosyn misverstande ook voordat jou webwerf weer gevind kan word.
Ek laat ook die werwe waaraan ek werk monitor vir beskikbaarheid - jammer om te se, maar .co.za domeine word sommer baie dae van die week nie gevind nie terwyl ek weet dat die bediener (server) wel loop en aanlyn is! Punt is dat ons nou maar eenmaal in Afrika is en dat ons land vinnig besig is om terug te beweeg na 'n derde wereld land....as iemand nie hou van wat ek hier se nie, hou so iemand eenvoudig nie van die waarheid nie!
Probleem is dat mens soms iewers langs die pad, tussen die bedienner waarop die web is en die.cosa Naam bediener die een of ander vorm van onderbreking ondervind.
Self het ek al twee keer in die verlede .co.za domeine registreer. Die eerste was cybergold.co.za en so vyf jaar later www.info.co.za en sal nie weer 'n .co.za oorweeg nie tyd en wyl dit ge-outomatiseer word nie.
Wat my persoonlik die meeste pla met 'n .co.za dom ein is die feit dat die kanale waarlangs registrasie gedoen word. ( ISP's en in baie gevalle die ontwerpers se name geregistreer word en nie in die naam van die ware eienaar nie!) Wat nou as daai naam langs de pad iets werd word maar die eiendom van jou ISP is?!
Laastens, het hierdie regeering, wat skynbaar bedreig voel met tegnologie, gedurende 2002 wetgewing uitgevaardig wat hulle in staat sal stel om beslag te le op enige databasis wat volgens hulle mening in belang van die land is. Lees gerus hierdie artikel en ook die een bietjie verder af of besoek sommer .co.za self vir die nuutste verwikkelinge.
Met sulke wetgewing is dit beter om selfs ook jou huisvesting in die buiteland te kry - ook iets wat ek nooit weer sal doen nie is om huisvesting binne Afrika te kry nie.